



|
HOME | TUISBLAD |
|
JUNE 2010 | SUNDAY TIMES | ARTICLE | ACTRESS LIKES TO WEAR THE PANTS BY ZINGI MKEFA http://www.timeslive.co.za/entertainment/article500570.ece/Actress-likes-to-wear-the-pants
APRIL 2010 | PRETORIA NEWS | ARTICLE | A TEAM FOR ALL SEASONS BY DIANE DE BEER http://www.tonight.co.za/index.php?fSectionId=3860&fArticleId=5504714
APRIL 2010 | PRETORIA NEWS | KKNK OVERVIEW | KKNK SHORTER, BUT FAR SWEETER BY DIANE DE BEER http://www.tonight.co.za/index.php?fSectionId=443&fArticleId=5427279
MAART 2010 | KRIT | RESENSIE DEUR PROF NICO LUWES
27 FEB 2010 | DIE BURGER | ONDERHOUD MET ANTOINETTE KELLERMANN DEUR WILLEMIEN BRUMMER http://www.dieburger.com/By/Nuus/Broekvroue-20100226
|
|
MEDIA: REVIEWS AND INTERVIEWS MEDIA: RESENSIES EN ONDERHOUDE |







|
Dié broek pas soos ‘n handskoen Nico Luwes KRIT, 03.04.2010
Vir Antoinette Kellermann kan ‘n mens maar hoed afhaal, skoene uittrek en agteroorsit vir 75 minute van briljante toneelspel. As die broek pas as veeleisende eenvrou-vertoning is nie ‘n man se maat nie, wat nog te sê ‘n vrou se maat wat haar as man moet voordoen om die verskrikking van die opkoms en uitloop van Hitler se bewind in Duitsland te oorleef. Wat ‘n interessante teks en opvoering! Marthinus Basson bring altyd iets nuts na die fees – of dit nou ‘n kommersiële sukses gaan wees of nie. Hy bly, soos Dieter Reible destyds by KRUIK, immer aan die eksperimenteer met nuwe material, gestroopte regie en eerlikheid. Dis altydnuwe paaie wat oopgebreek word in material, styl van aanbieding en ontwerp. Dis waagmoed om Manfred Karge se werk vir ‘n fees aan te bied. Sal die gehoor met die vrou se omstandighede destyds in Duitsland kan identifiseer? Die verskrikking van onreg teen vroue en nie-Duitsers, die waansin en ontmensliking wat met politieke indoktrinasie gepaardgaan, roep hersenskimme van die ou en die nuwe Suid-Afrika op. Die opvoering tref juis omdat ons wel in ons diepste wese kan identifiseer met die uitbuiting, geweld, groepswaansin en ontkenning dat so iets wel met die mens kan gebeur. Ons lees dit elke dag in die koerante, maar is al so afgestomp en in ‘n was van ontkenning teenoor dit wat daagliks om ons in hierdie land gebeur en gebeur het, dat hierdie opvoering ‘n spieël word waarin ons onsself moet afvra of die broek pas? Dit pas. Die verhaal van die vrou se oorlewingstryd herinner aan Victor Frankel se beskrywing van hoe om te oorleef in uiters haglike, onsekere tye. Basson anker die stuk in ‘n Brechtiaanse styl met gestroopte “net sê” van wat gebeur het. Die koue kliniese ontleding van die gebeure en die effek daarvan op die karakter wat Kellermann van haar op die tafel sit, gekoppel met ironieses kontraste van kommentaar in die vorm van skreiende poësie, tref soos ‘n vuishou op die krop van die maag. Blitsvinnige veranderinge van die karakter se uitbeelding van koue gegewe, in kontras met die binnewerkinge van werklike emosies van die karakter, word met uiters effektiewe beligting en briljante spel verkry. Om werklik Kellermann se uitbeelding van die ongenaakbare, siniese ou man en die teer vrou, noodwendig vasgevang in die rol as man, ten volle te waardeer, moet haar spel in die puik opvoering aanskou word. Binne kunstenaarskringe word altyd met glimlag toegekyk as jong opskietertjies skielik ‘n diva genoem word. Sonder skroom kan egter van Antoinette Kellermann as ‘n ware diva van Afrikaanse teater gepraat word. Daarvan getuig haar erkenning met die Erepenning vir Teaterkuns deur die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns. Liewe aarde! In hoeveel Afrikaanse debuutwerke het sy nie die hoofrol met sukses vertolk nie? In Afrikaanse idiom sou ‘n mens met eer kon sê: “Sy is ‘n ou hings!” Gehore sal my die woordspeling vergeef as hulle haar uitbeelding van die “man” beleef het. Sy en Basson is karperde van ‘n ander kals. Hulle kom ‘n lang pad in Afrikaanse teater, en mag As die broek pas met sukses voortgalop op nuwe paaie.
|
|
KKNK SHORTER, BUT FAR SWEETER Diane de Beer (PRETORIA NEWS, 13.04.2010)
“Director supreme Marthinus Basson and actress extraordinaire Antoinette Kellermann have pulled it off yet again - and so sweetly - in a production that will also travel to Grahamstown's National Arts Festival, but will play in English. Translated from German, it's the story of a woman who decides to take on her husband's life after his death, simply to survive during the struggle years just before World War II in Germany. |
|
BROEKVROUE Willemien Brümmer
(DIE BURGER/BEELD, 27.02.2010)
Op die Stellenbosse Woordfees en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vertolk Antoinette Kellermann die rol van Max Gericke in die toneelstuk As die Broek Pas. |
|
A TEAM FOR ALL SEASONS Diane de Beer
(PRETORIA NEWS/STAR, 08.06.2010) Any time director Marthinus Basson and actress Antoinette Kellerman work together, something extraordinary happens. |
|
ACTRESS LIKES TO WEAR THE PANTS Zingi Makefa
(SUNDAY TIMES, 13.06.2010)
Despite the allure of the World Cup, the National Arts Festival is determined not to be ignored, and organisers are confident that soccer visitors will find their way to Grahamstown for a bit of culture.
If you attend only one show at this year's festival, make sure it is Man to Man, a new production by the internationally renowned South African theatre director and designer Marthinus Basson. A one-woman show written by German playwright Manfred Karge and starring Antoinette Kellermann, Man to Man is the story of a woman's painful journey of survival. After the death of her husband after World War 1, impoverished Ella Geric decides to impersonate her husband by taking over his identity and his job as a crane operator. No newcomer to playing male roles , Kellermann has been fascinated by the experience of playing "breeches parts", she says. "Playing a male role allows more range, more possibilities," says Kellermann, who first played this part in an Afrikaans translation, As Die Broek Pas, for which she won an award at this year's Klein Karoo Nationale Kunstefees. "In this English translation, I will also be adding a German accent ... the shift is really challenging, as I still find myself slipping in Afrikaans words." ... |
|
MARTHINUS BASSON started his theatrical career in 1974 as props maker at the Cape Performing Arts Board and as actor-cum-stage-manager at The Space Theatre, in Cape Town. Since 1985 he has established himself as a director/designer and has worked in all theatrical genres. His work includes Waarom is die wat voor toyi-toyi altyd so vet? by Antjie Krog; Johnny Cockroach by Breyten Breytenbach; The Fall of the House of Usher and Boks for ARCA in Gent, Belgium; six operas for the Spier Summer Festival; a contemporary interpretation of Shakespeare’s Two Gentlemen of Verona for the 2003 Maynardville season in Cape Town; Astor Piazzolla’s Maria de Buenos Aires for the National Arts Festival in Grahamstown, the musicals Cabaret and Boy meets Boy, and has worked extensively in educational, industrial and community theatre. As member of the Vleis, Rys & Aartappels company he directed and designed new plays by Belgian playwrights in 2003: Aars! and Romeo & Julia by Peter Verhelst and Mamma Medea by Tom Lanoye. His production of Tall Horse for Handspring/Sogolon Company toured to Germany and America after its opening at the Brooklyn Academy of Music in New York. He has been nominated 53 times as director/designer/actor and is the recipient of 36 awards, including the Standard Bank Young Artists Award in 1989, The South African Academy’s Award for Contribution to South African Theatre and the Nederburg Opera Award for Cavaliera Rusticana. In June 2009 he directed and designed Beethoven’s Fidelio for Opera Queensland in Australia and at the beginning of 2010 he was the director of Anthony and Cleopatra for the Maynardville season. Basson, lectures at the Drama Department at the University of Stellenbosch |
|
Willem Anker (1979-) is die skrywer van die roman Siegfried (2007) en vier toneelstukke, nl. Skroothonde (2004), Slaghuis (2006), Sakrament (2009) en Skrapnel (2009). Slaghuis is in 2007 gepubliseer. Anker was ook betrokke as medeskrywer by twee ander teaterstukke, Sielsiek (2006) en 2-21 (2009). Verder het hy Sarah Kane se Crave as Smag vertaal in Afrikaans en ook Manfred Karge se Jacke Wie Hose as As die broek pas. Toekennings vir sy skryfwerk sluit onder meer die Jan Rabie-prys, UJ-debuutprys, Sanlamprys vir Afrikaanse teater en die Ashanti Gold Smeltkroesprys in. Anker verwerf in 2007 ‘n D.Litt in Afrikaanse letterkunde en doseer sedert 2006 letterkunde en skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.
|