KLAASVAKIE (THE SANDMAN)

Oorspronklik De Zandman deur Laurens de Vos
Afrikaanse vertaling deur Marthinus Basson

Met

Wilna Snyman,

Antoinette Kellermann

Nicole Holm

 

Regie en ontwerp:

Marthinus Basson

Vervaardiger:

Hugo Theart
Verhoogbestuurder:

Poksie Pienaar

 

Die gevierde aktrises, Wilna Snyman en Antoinette Kellermann, is saam te sien as bejaarde vroue in ’n ouetehuis wat hulle tyd verwyl in bittere en bitsige kompetisie. Maar bowenal probeer hulle die spoke van hul verlede te verdryf: Julienne wat as kind verkrag is, en wat as kind ’n kind moes baar en die welgestelde Albertine se verbysterende opgang te danke aan haar vader se betrokkenheid by ’n politieke skandaal. Die jong Vlaamse dramaturg, Laurens de Vos,  ontgin hoe hierdie twee lewens kruis onder die dreigende aanslag van die verlies aan geheue.

Klaasvakie (De Zandman) se wêreldpremière was by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudsthoorn ter viering van die aktrise Wilna Snyman se lewenslange bydrae tot die kunste in Suid-Afrika

 

MEER INLIGTING:
Klaasvakie (De Zandman) deur die jong Vlaamse skrywer en politikus,
Laurens de Vos, kyk na die tragiese verbintenis tussen twee vroue, wie se lewens onafwendbaar aan mekaar geknoop is, deur ’n gesiene politikus se oortreding van morele waardes en sosiale orde. Albertine (Wilna Snyman), ’n voormalige direktrise van ’n watersuiweringsinstellasie, bekom haar pos en status deur die laaste manipulering van haar pa nadat ’n skandaal wat hom betrek toegesmeer word. In hierdie laat stadium van hul lewe word dit noodsaaklik dat die beton waaronder die waarheid versteek is oopgekalwer word, om sodoende ’n vorm van verlossing te bring vir beide haar en Julienne (Antoinette Kellermann). ’n Eksentrieke verpleegster (Nicole Holm), wat toesig hou oor die twee dames, word die emosionele klankbord waarin die waarheid neerslag vind en deur wie die sondes van die vaders op kinders ontbloot word.

Aangebied deur TEATERteater

Ontwikkel in samewerking met

Absa KKNK,

die Afvaardiging van die Vlaamse regering in Suidelike Afrika

en die

Vlaams-Suid-Afrikaanse Kultuurstigting.

Datums: 
24 Oktober tot 5 November om 19:30. 
Ook twee middag-vertonings op 29 Oktober en

5 November

om 15:00. 


Geen vertonings op Sondae. 

Tydsduur: 

75minute geen pouse.

Kaartjiepryse: 
R90 – R120 (Spesiale pryse beskikbaar vir studente, pensionarisse en blokbesprekings – kontak die Fugard-teater se kaartjieskantoor by 
 

021 – 461 4554  
Bespreek by 
Computicket.

Physical address:

Corner of Caledon and

Lower Buitenkant Street,

District 6, Cape Town

GPS co-ordinates

0-33.927147,18.424627 

Box Office

Tel:  021 461 4554      

Follow TEATERteater on Twitter