Text Box:

ABOUT US | OOR ONS

JUNE 2010 | SUNDAY TIMES | ARTICLE |

ACTRESS LIKES TO WEAR THE PANTS BY ZINGI MKEFA

http://www.timeslive.co.za/entertainment/article500570.ece/Actress-likes-to-wear-the-pants

 

APRIL 2010 | PRETORIA NEWS | ARTICLE |

A TEAM FOR ALL SEASONS BY DIANE DE BEER

http://www.tonight.co.za/index.php?fSectionId=3860&fArticleId=5504714

 

APRIL 2010 | PRETORIA NEWS | KKNK OVERVIEW |

KKNK SHORTER, BUT FAR SWEETER BY DIANE DE BEER

http://www.tonight.co.za/index.php?fSectionId=443&fArticleId=5427279

 

MAART 2010 | KRIT |

RESENSIE  DEUR PROF NICO LUWES

 

27 FEB 2010 | DIE BURGER | 

ONDERHOUD MET ANTOINETTE KELLERMANN DEUR WILLEMIEN BRUMMER

http://www.dieburger.com/By/Nuus/Broekvroue-20100226

 

 

MEDIA: REVIEWS AND INTERVIEWS

MEDIA: RESENSIES EN ONDERHOUDE

 

Vervaardiger HUGO THEART

Verhoogbestuurder JOHN B SWART / TYRON HENSEL

Produksie ko-ordineerder: KAYANG GAGIANO

Musiek: BRAAM DU TOIT

Projeksies:  WILHELM CONRADIE & BENJAMIN DU PLESSIS

Stelkonstruksie: RONMARI VAN TONDER & FURNEL  DE VILLIERS

 

Publisiteits foto’s : Marthinus Basson

Grimering:  Desiree Angus

Oorspronklike Plakkaat ontwerp: Hannes Bernard

 

 

Spesiale Ondersteuning:

Dramadepartement van die Universiteit van Stellenbosch

Prof Marie Kruger

Albert Snyman

Elrina Marais

MEER OOR DIE TONEELSTUK

Text Box: MEER OOR 
MANFRED KARGE 
 ANTOINETTE KELLERMANN 
MARTHINUS BASSON 
WILLEM ANKER

Dié broek pas soos ‘n handskoen

Nico Luwes

KRIT, 03.04.2010

 

Vir Antoinette Kellermann kan ‘n mens maar hoed afhaal, skoene uittrek en agteroorsit vir 75 minute van briljante toneelspel.

As die broek pas as veeleisende eenvrou-vertoning is nie ‘n man se maat nie, wat nog te sê ‘n vrou se maat wat haar as man moet voordoen om die verskrikking van die opkoms en uitloop van Hitler se bewind in Duitsland te oorleef.

Wat ‘n interessante teks en opvoering! Marthinus Basson bring altyd iets nuts na die fees – of dit nou ‘n kommersiële sukses gaan wees of nie. Hy bly, soos Dieter Reible destyds by KRUIK, immer aan die eksperimenteer met nuwe material, gestroopte regie en eerlikheid. Dis altydnuwe paaie wat oopgebreek word in material, styl van aanbieding en ontwerp. Dis waagmoed om Manfred Karge se werk vir ‘n fees aan te bied. Sal die gehoor met die vrou se omstandighede destyds in Duitsland kan identifiseer? Die verskrikking van onreg teen vroue en nie-Duitsers, die waansin en ontmensliking wat met politieke indoktrinasie gepaardgaan, roep hersenskimme van die ou en die nuwe Suid-Afrika op.

Die opvoering tref juis omdat ons wel in ons diepste wese kan identifiseer met die uitbuiting, geweld, groepswaansin en ontkenning dat so iets wel met die mens kan gebeur. Ons lees dit elke dag in die koerante, maar is al so afgestomp en in ‘n was van ontkenning teenoor dit wat daagliks om ons in hierdie land gebeur en gebeur het, dat hierdie opvoering ‘n spieël word waarin ons onsself moet afvra of die broek pas? Dit pas.

Die verhaal van die vrou se oorlewingstryd herinner aan Victor Frankel se beskrywing van hoe om te oorleef in uiters haglike, onsekere tye.

Basson anker die stuk in ‘n Brechtiaanse styl met gestroopte “net sê” van wat gebeur het. Die koue kliniese ontleding van die gebeure en die effek daarvan op die karakter wat Kellermann van haar op die tafel sit, gekoppel met ironieses kontraste van kommentaar in die vorm van skreiende poësie, tref soos ‘n vuishou op die krop van die maag. Blitsvinnige veranderinge van die karakter se uitbeelding van koue gegewe, in kontras met die binnewerkinge van werklike emosies van die karakter, word met uiters effektiewe beligting en briljante spel verkry. Om werklik Kellermann se uitbeelding van die ongenaakbare, siniese ou man en die teer vrou, noodwendig vasgevang in die rol as man, ten volle te waardeer, moet haar spel in die puik opvoering aanskou word.

Binne kunstenaarskringe word altyd met glimlag toegekyk as jong opskietertjies skielik ‘n diva genoem word. Sonder skroom kan egter van Antoinette Kellermann as ‘n ware diva van Afrikaanse teater gepraat word. Daarvan getuig haar erkenning met die Erepenning vir Teaterkuns deur die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns. Liewe aarde! In hoeveel  Afrikaanse debuutwerke het sy nie die hoofrol met sukses vertolk nie? In Afrikaanse idiom sou ‘n mens met eer kon sê: “Sy is ‘n ou hings!”

Gehore sal my die woordspeling vergeef as hulle haar uitbeelding van die “man” beleef het. Sy en Basson is karperde van ‘n ander kals. Hulle kom ‘n lang pad in Afrikaanse teater, en mag As die broek pas met sukses voortgalop op nuwe paaie.


*Prof. Nico Luwes is hoof van die dramadepartement aan die Universiteit van die Vrystaat.

KKNK SHORTER, BUT FAR SWEETER

Diane de Beer

(PRETORIA NEWS, 13.04.2010)

 

“Director supreme Marthinus Basson and actress extraordinaire Antoinette Kellermann have pulled it off yet again - and so sweetly - in a production that will also travel to Grahamstown's National Arts Festival, but will play in English. Translated from German, it's the story of a woman who decides to take on her husband's life after his death, simply to survive during the struggle years just before World War II in Germany. 

As Die Broek Pas is a quiet, yet subtle exploration of the way we fit into our worlds, whether male or female, and how to operate when those roles are reversed.

It's a delicate text with a porcelain-fine performance by Kellerman, while Basson paints his usual pictures, finding a delicate balance. 


It's a glorious thing that this will be playing in English because of its brilliance, but also because it is almost a companion piece to Jeremy Crutchley's I Am My Own Wife, which played at last year's festival and will be at the Market Theatre later this year. 

Hopefully, Kellerman will also be seen at Aardklop (September 28 to October 3).”

BROEKVROUE

Willemien Brümmer

 

(DIE BURGER/BEELD, 27.02.2010)

 

 

Op die Stellenbosse Woordfees en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vertolk Antoinette Kellermann die rol van Max Gericke in die toneelstuk As die Broek Pas. 

Willemien Brümmer het met hierdie legendariese aktrise gepraat oor vroue wat mansrolle vertolk. 

‘Ich bin ein deutscher Mann,” blaf Antoinette Kellermann met ’n brutale klank in haar stem.

Geklee in ’n grys broek en wit hemp, staan sy vrou-alleen op die plankvloer van ’n repetisielokaal in die dramadepartement van die Universiteit Stellenbosch. 

Sy’t ’n byna volledige transformasie ondergaan: Haar weerbarstige silwerwit lokke is kort afgesny, haar skouers en heupe is subtiel vorentoe gebuig. Haar altstem, wat al soveel teatergangers en TV-kykers geroer het, dreun ietwat bruusker as gewoonlik in haar bors.

Dis eers wanneer sy in ’n intieme oomblik die grys broek uittrek, dat jy sien hoe weerloos die wit van haar vel is, hoe gekneus die waai van haar been. 

Want vir haar jongste rol as Max Gericke in Willem Anker se Afrikaanse vertaling van Jacke wie Hose deur Manfred Karge, speel sy ’n Duitse vrou wat vir meer as veertig jaar moes voorgee sy’s ’n man.

Ná die dood van haar eggenoot neem sy sy werk as hyskraanoperateur oor en dus ook sy paspoort en sy naam. 

Van die depressiejare in die vroeë 1930’s, regdeur die Derde Ryk tot in die sewentigerjare moet sy uit noodweer haar lyf en identiteit verwring. 

Dis net soms, wanneer sy haar oë toemaak, dat sy droom van ’n prins wat by ’n graf kniel. Sy droom Sneeuwitjie stof die grond af van haar lyf en ontrafel die wortels wat haar omsnoer.

“Al is sy ’n vrou, wórd sy ’n man,” beduie Antoinette (58) die volgende oggend in die einste dramadepartement waar sy agter die breë lessenaar van haar kollega, teater-sielsgenoot en regisseur Marthinus Basson sit. 

Met ontsetting verduidelik sy hoedat die implikasies, “die wérklike implikasies van Max Gericke se lewe” nou die aand op haar afgedonder het.

“Haar hele lewe lank moes sy altyd ’n fasade voorsit. Tog het sy seksuele behoeftes en die desperate verlange om ’n kind te hê. Die vroulike aspek is dáár in haar, but she has to suppress it , en sy kan dit nóóit uithaal of wys nie.” 

Sy sug, stut haar kakebeen op haar hande. “Dit moet die aakligste ding in die wêreld wees.”

Soos dikwels in die derde week van repetisies, teug hierdie voorvrou van die teater naarstig aan haar Camel Filters. 

Haar woorde en gedagtes vat hier grond, vlieg dáár weg. In haar fleurige romp en pienk hemp lyk sy aansienlik vrouliker as die vorige aand. Tog het sommige van die spraakpatrone bly vassteek. 

Die hoër infleksies is skaarser in haar stem en jy wil jou verbeel haar liggaamstaal is meer ingehoue.

“Die derde week van repetisietyd is gewoonlik vir my die ergste. Margot Luyt noem dit my geboortegee-week. Dan twyfel ek in alles en ek twyfel in myself en ek kry niks reg nie. Dis die krisis waardeur ek nou gaan. Ewe skielik besef jy die realiteit kom al nader. Jy moet perform . Die lekkerte van skep en speel en ontdek is vir ’n paar dae weg.”

Sy vertel hoe sy haar meestersgraad-tesis oor vroulike aktrises in “broekrolle” aangepak het by die dramadepartement waar sy die afgelope vyf jaar doseer. 

Sy gaan haal die storie doer, nadat sy weg is by Kruik, aan die einde van sewe besonderse maer jare in Johannesburg.

“Martiens (Marthinus Basson) was hieronder in die Kaap en ek was daarbo. Dit het slég gegaan met my. Toe bel Martiens en sê Breyten Breytenbach het ’n toneelstuk geskryf, Boklied , en sou ek daarin belangstel om die rol van die man te speel? 

Ek het gedink ek gee nie om of ek ’n voël of ’n aartappel moet speel nie. Ek sal my voortande gee om te werk, en om saam met Martiens te werk.” 

As die vreemdeling Farenj moes sy benewens die geslagsomwenteling ’n brabbeltaal leer. S y moes ook vir haarself ’n storielyn skep om sin te maak uit hierdie ritualistiese teks wat gehore nog lank na antwoorde sou laat gryp.

“Jy’t geen emosionele konteks of storielyn om aan te hang nie. Ek wou nie die gewone ding doen van tussen jou bene of in jou boude krap of op ’n sekere manier sit nie. 

Aanvanklik het ek gedink ek moet gaan vir hipnose, dat hulle my kop kan verander sodat ek in ’n manswêreld kon ingaan. 

Later het ek net besluit my eie kop kan geprogrammeer word om ’n man te raak.” 

Sy leun vertroulik vorentoe.

“Ek het onderbewustelik begin op-dress soos ’n man en hulle het hulle doodgelag toe ek vir Grethe Fox, wat die vrou gespeel het, begin deure oopmaak. Weet jy hoe het ek ná die tyd gesukkel om dit af te leer? Jy dra mos ’n karakter saam met jou. Dis in jou weefsel, jy weet.”

Haar volgende broekrol was in nog ’n Breytenbach-drama, Die Toneelstuk , waarin sy dié keer die rol van Marthinus self moes speel. Soos met Boklied het sy nie gevoel sy kon “werklik deurgrond wat dit beteken om ’n man te wees” nie.

“Jy speel ’n man, maar jy kry nooit werklik kans om die innerlike milieu en landskap van ’n man te ontgin nie, want jy’s te ingestel op die uiterlike skepping van daai manswêreld.”

Volgende aan die beurt was die uitgeweke hertog Prospero in Die Storm (’n Afrikaanse vertaling van Shakespeare se The Tempest ), waarin sy ten aanskoue van die gehoor van vrou na man verander het. 

“Jy kan enigiets op die verhoog doen, en die gehoor glo dit omdat dit ’n magiese ruimte is. 

“Met Prospero het ek gevoel ek ontgin die wêreld van pa en van ’n man ten opsigte van verraad wat teenoor hom gepleeg is, maar dis van toepassing op mans én vroue. Dis ’n emosionele wêreld wat in almal van ons is.”

En toe, sowat twee jaar gelede, begin sy flankeer met die idee om ’n meestersgraad te doen. Antoinette maak die diep, rokerige stem van dr. Marie Kruger, voorsitter van die dramadepartement, na: “Netta, jy’t dan nou al sóveel mansrolle gespeel.”

Sy lag diep uit haar maag. “Toe vra sy (Marie Kruger) vir my: ‘Hoekom fokus jy nie op vroue wat mansrolle vertolk en vergelyk dit dan met jou eie ervaring nie? Begin navorsing doen en skryf daaroor’.” 

’n Siddering loop deur haar lyf oor dié reusetaak.

“Daar’s ’n horde vroue wat in broekrolle, oftewel breeches parts, ingegaan het om verskillende redes. Weens die erotiese uitdaging of omdat hulle (ná die ophef van die verbod op vroue op die Britse verhoog) uiteindelik vry was om op die verhoog te speel en daar slegs ’n beperkte aantal vrouerolle was.

“Dit was ook omdat hulle so lank gekorset was as vroue binne daai sosiale milieu. Oorspronklik het dit baie te doen gehad met die seksuele aantrekkingskrag van vroue in mansklere. 

Vrouelywe was altyd geklee in al hierdie rokke en ewe skielik as jy breeches dra, sien jy die vroulike figuur.”

Sy vertel van die drie broekvroue uit die geskiedenis wat sy gekies het ten einde hul ervaring met haar eie te vergelyk. 

Hulle is die agtiende eeuse Britse aktrise en skrywer Charlotte Charke wat sedert haar sewentiende verjaardag hoofsaaklik in broekrolle naam gemaak het en selfs in die werklike lewe die mansnaam “Charles Brown” aangeneem het. 

In die negentiende eeu het haar keuse geval op die Amerikaanse aktrise Charlotte Cushman wat eweneens ’n voorliefde vir mansrolle gehad het en derdens móés sy die legendariese Franse aktrise Sarah Bernhardt kies weens haar opspraakwekkende Hamlet in die 1880’s.

“Dis ’n ongelooflike wêreld! Die navorsing is die lekkerste ding – jy lees!” Sy fluister. “Jy mag dit vir niémand sê nie, maar toe ontdek ek vir die eerste keer die rekenaar. Die internet is ’n wonderwêreld!”

Sy vertel hoe haar studieleier, dr. Petrus du Preez, op ’n dag gevra het: “Hoekom doen jy nie ’n praktiese komponent sodat jy weer ’n speelkans kry nie?”

Sy glimlag sodat daardie wye mond lyk asof hy haar hele gesig in beslag neem. 


“Ek het ’n paar jaar gelede ’n uittreksel van Man to Man (die Engelse vertaling van Jacke wie Hose) by die Universiteit van Kaapstad gesien en dit het my geboei. 

Later het ek weer daarvan bewus geword toe Elzabé Zietsman dit in Johannesburg gedoen het. Ek het een oggend net hier ingestap, en al weet ek Marthinus raak soms verveeld met one man shows, het ek gevra: ‘Sou jy belangstel om die regie te doen?’”

Die glimlag word selfs wyer.

“Toe hy jaaaa sê, hy’s so opgewonde, het ek besef nóú het ek myself lelik in die ore gedinges. 

Ek het gehoop hy sou sê: ‘Ag Here, Netta, nee’, maar toe hou (die vervaardiger) Hugo Theart ook baie daarvan en Willem Anker is gek daaroor en toe kón ek nie meer kop uittrek nie.”

Vroeg in Desember het sy die vertaalde teks gekry en op haar verjaarsdag, 22 Januarie, het sy haar woorde geken. 

Soggens vyfuur, voordat sy van haar en haar man, Anton van der Linde, se huis in Woodstock Stellenbosch toe ry, oefen sy twee uur lank op haar eie. En saans en naweke repeteer sy saam met Marthinus.

Haar stem is triomfantelik.

“In hierdie stuk is dit die eerste keer dat ek werklik die emosionele wêreld van ’n man probeer ontgin. Daai dualiteit is in elk geval in almal van ons en ek dink sonder dat jy daarvan weet, stoot jou onderbewussyn die manlike na vore.”

Sy aarsel wanneer jy vra of sy diep in haarself moes grawe om ’n emosionele verbintenis te vind.

Toe: “Ek kan nie vir jou sê daar is iets in my persoonlike lewe waaraan ek dit kan gaan haak nie. Maar ek dink daar is tog aspekte van ’n mens se lewe wat jy altyd wegsteek, wat niemand ooit sien nie. Dis my parallel met haar. 

Soos sy haar vroulikheid moet wegsteek, steek almal van ons tog baie goed weg wat jy nie vir mense wys nie.”

En die grootste uitdaging aan die rol?

Sy klink of sy bieg, en “nee moenie dit skryf nie”, smeek sy: “Ek is ’n sleg Christen, maar die één ding waarvoor ek altyd vra is dat ek reg sal laat geskied aan die karakter. Jy maak dit vir jouself moeilik, maar ek dink dis enige kunstenaar se doel om daai werklike waarheid te ontdek.” 

’n Stilte: “Ek sê nooit ’n toneelstuk is vir my nie, maar ek dink dis die eerste keer dat ek sê ek doen dit vir my. Dis ’n uitdaging om ’n man te speel en ’n man te wórd. 

Jy moet alles wat jy het, al jou tegniek wat jy geleer het, jou hele emosionele scope ... álles moet jy soort van gebruik.”

Sy beklemtoon elke woord. “If everybody hates it, I will die.”

En ja, sê sy, daar ís nog ander broekrolle wat sy sou wou aanpak: Orlando in Virginia Woolf se gelyknamige semi-biografiese roman, gegrond op die lewe van Woolf se intieme vriendin Vita Sackville-West. Of dalk eendag iets oor die lewe van die lesbiese Kanadese popster k.d. lang ...

Dromerig: “En (Shakespeare se) Koning Lear. As ek nog woorde kan onthou, I’d like to play Lear. Maar ek wil nie hê daar moet eendag op my grafsteen staan: ‘Hier rus Antoinette Kellermann, vertolker van mansrolle’ nie.”

Meteens is die aardse, amper wulpse klank terug in haar stem. “I wanna be a woman! Ek wil nog te veel vrouerolle speel wat ek dalk nooit die kans sal hê om te speel nie, en dalk nooit sál speel nie. 

Daar’s soveel persentrolle vir ’n vrou: Moeder Courage (van Bertolt Brecht); Besoek van die Ou Dame (Friedrich Dürrenmatt); sommige van die Shakespeare-vrouerolle ...”

Sy word ongewoon stil vir iemand wat gewoonlik so bekkig is. Jy vra of sy voel sy’t nou haar teaterkruin bereik. Haar antwoord is hartverskeurend: “Nee.”

Sy kyk by die venster uit, na ’n groep studente wat raserig hul woorde leer. “My droom is om elke oggend op te staan en te gaan repeteer. Ek wil aan ’n toneelstuk werk elke dag van my lewe. Ek vóél nie soos ’n professionele speler nie. Op die oomblik steel jy tyd saans, Saterdae heeldag, Sondae ...

“Maar om bedags te kan kom repeteer, om saans huis toe te gaan, jou werk by die huis te doen en jou familie te versorg en jou navorsing te doen ... Ek droom van die dag wanneer ons weer geselskappe sal hê, en speelvakke en ’n teatertuiste.”

Sedert die ontbinding van die voormalige streekdiensterade is veral Afrikaanse teater meestal tot feeste beperk. En selfs die kolosse van die verhoog kan nie van brood en teater alleen leef nie. 

Sy sug. “Ek mág nie nou eintlik gespeel het nie, omdat ek moet werk aan daai stuk papier (haar tesis). Ek het nie tyd nie, hoor. Ek het rêrig nie tyd nie. Boonop gaan ek so elke drie maande en gaan speel in ’n sepie (Villa Rosa). Om geld te maak, móét ek dit doen.”

Die doseerwerk ervaar sy as ’n groeiproses. “Aanvanklik het ek groot tweespalt beleef, maar dan besef jy hoe waardevol dit is wat jy doen. Nie net vir die studente nie, maar vir jouself ook.”

Sy dink na. “Ons kán nie akteurs oplei nie. Daar’s te min werk. Maar jy’s ook besig om mense te help vorm, en dít is baie spesiaal.”

Ons loop deur na haar eie kantoor, “so groot soos ’n besemkas” wat sy met die aktrise Susanne Beyers deel. Die een muur is haar sogenaamde “vriendskapsmuur”, met onder meer ’n foto van haar en Marthinus Basson uit die Kruik-dae.
 
Die oorkantste muur is haar “performance wall”.

Sy onthou hoe sy meer as drie dekades gelede aan dieselfde dramadepartement gestudeer het. In haar tweede jaar het sy weggeloop toe sy die vak spraak gedruip het. 

Eers toe W.E.G. Louw haar sien speel het in Die Vaalkoestertjie van Eugène Marais het hy sy boesemvriend Fred le Roux, toe die hoof van die dramadepartement, oortuig om haar terug te neem. 

“Hy (W.E.G. Louw) het ook vir my klasgegee, en hy roep my eendag uit die klas uit en sê: ‘Ek het klaar met prof. Le Roux gepraat, juffrou. Jy gaan terug.’ Ek het gesê ek kan nie; ek is al twee maande weg. En toe sê hy: ‘Jy gáán terug. Jy moet gebruik wat jy gekry het.’”

Sy knik. “Ek het dit gedoen. Ek móés.”

Sy huiwer, vertel toe van ’n gesprek wat sy vroeër die oggend met dr. Marie Kruger gehad het. 

“Jy weet, ek sê vanoggend vir haar ek is moeg en ek raak siek en ek is mal; ’n mens gáán mos maar deur daai prosesse voordat jy op die verhoog moet gaan. Sy vra toe vir my: ‘Maar hóékom het jy die mal perd opgesaal?’”

Antoinette antwoord asof dit die mees vanselfsprekende ding op aarde is: “Ek het gesê dis omdat ek móét speel. Ek móét toneelspeel. I will die if I don’t.”

As die Broek Pas is op Maandag 1 Maart en op Vrydag 5 Maart op die Woordfees op Stellenbosch te sien. Van 1 tot 5 April is daar daagliks een opvoering op die KKNK. 

A TEAM FOR ALL SEASONS

Diane de Beer

 

(PRETORIA NEWS/STAR, 08.06.2010)

Any time director Marthinus Basson and actress Antoinette Kellerman work together, something extraordinary happens. 

Call it chemistry or simply artistic sparks that ignite gloriously. Either way, it's the audience that benefits a thousand fold.

Their coming production at the National Arts Festival, Manfred Karge's Man to Man, will be no different. It's not that I'm setting them up; the play recently ran at the Klein Karoo National Arts Festival in Afrikaans and both director and performer are excited about his second bite. It's not something that happens often in this country.

Man to Man tells the story of a woman who decides to appropriate her dead husband's life rather than suffer an existence of poverty, because women were not afforded the same possibilities in 1930s Germany. It's a time of economic crisis and to make a living, she steps largely into his life as a crane-operator.

That choice naturally condemns her forever to a position as the eternal outsider. More importantly, says the director, her audience become the only people she can confess to. 

"I have to work at having a conversation rather than narrating the details of my life," says Antoinette. And these are all nuances they're allowed to explore and refine this second time round.

It's one of those plays that comes as a blank slate with no instructions, but there have been many previous versions, including a movie starring Tilda Swinton. "But I wanted to work specifically with Antoinette's age (in her 50s) and explore different issues addressed in the play," says Marthinus.

One of these is that of female actors playing male roles. Antoinette has done a few of those and usually with Marthinus as director. That's also why she is currently working on a thesis about women playing male roles.

What makes this so fascinating, argues Marthinus, looking back in time, is that in theatre's early days, women weren't even allowed on stage. Their roles were performed by male actors and when they first emerged on stage, it was usually for titillating effect. 

"All these things come into play, as well as Antoinette's personal journey, which includes her discomfort that others should think she could play a man."

It's also about loneliness, isolation and spilling your guts. None of which is easy to play in this particular story, but working with Antoinette for more than 30 years, Marthinus is confident, because to him she is one of the bravest actors he knows. That's why he was thrilled at the chance to direct this solo show. 

"She's willing to go anywhere and try everything," he says. That has been a joy for someone who explores life on stage and telling stories that will affect the audience in some way - a Basson trademark.

Already, with the text switching from Afrikaans to English, they have discovered they have to work on the accent. 

"It was written in a worker's class cockney, but we've decided to use a slight German accent," says Marthinus. For Antoinette, busy learning her words, it's almost like tackling a completely new play and she's excited about the changes and growth that will emerge in the character.

She initially found this character's essence when Marthinus put her in a suit and shot some pictures, even before their first rehearsal. 

"There was a moment when I was sitting on a chair that I suddenly understood who she was," she says. And when she's in her dressing room before going on stage, that's where she goes to find this struggling woman.

Antoinette, who regularly changes her hair style from flowing grey locks to shortly cropped, opted for the short version following a tough double bill at festivals last year. 

"I felt I had to strip something away," she says. For Man to Man, she simply cut it into a more 30s-40s style which suits the era.

Delving into the text, Antoinette believes that it's a play about the production, the performance and the content. It's quiet, something Marthinus wants to push even more for Grahamstown, and the poetry of this particular life is captured in a story which resonates not only through the ages, but also particularly in our land.

With only five performances, make sure you get a ticket. This is sublime theatre which (in the Afrikaans version As Die Broek Pas) will travel to both the Bloemfontein and Potchefstroom festivals later in the year. But they also hope to do a run in both Afrikaans and English at Cape Town's Fugard Theatre after the festival. 

 

ACTRESS LIKES TO WEAR THE PANTS

Zingi Makefa

 

(SUNDAY TIMES, 13.06.2010)

 

Despite the allure of the World Cup, the National Arts Festival is determined not to be ignored, and organisers are confident that soccer visitors will find their way to Grahamstown for a bit of culture.

 

If you attend only one show at this year's festival, make sure it is Man to Man, a new production by the internationally renowned South African theatre director and designer Marthinus Basson.

A one-woman show written by German playwright Manfred Karge and starring Antoinette Kellermann, Man to Man is the story of a woman's painful journey of survival.

After the death of her husband after World War 1, impoverished Ella Geric decides to impersonate her husband by taking over his identity and his job as a crane operator.

No newcomer to playing male roles , Kellermann has been fascinated by the experience of playing "breeches parts", she says.

"Playing a male role allows more range, more possibilities," says Kellermann, who first played this part in an Afrikaans translation, As Die Broek Pas, for which she won an award at this year's Klein Karoo Nationale Kunstefees.

"In this English translation, I will also be adding a German accent ... the shift is really challenging, as I still find myself slipping in Afrikaans words." ...

Hierdie toneelstuk, deur die Duitse skrywer Manfred Karge, ontgin die realiteit van manwees eerstehands deur die aan-die-bas ervaring van ʼn vrou, gebaseer op ʼn ware verhaal. In die haglike ekonomiese omstandighede van Duitsland tussen die twee Wêreldoorloë, neem ʼn werkersklas-vrou na haar man se dood sy werk en identiteit aan ter oorlewing. Haar ervaring van die rituele van mansgedrag, die toenemende impak van Hitler en Nasionaal Sosialisme op die Duitse bevolking, en haar enkel patetiese poging om terug te keer na vrouwees en liefde, word ʼn aangrypende teatrale ervaring van vereensaming en oorlewing.

Antoinettte Kellermann is a doyenne of South African theatre – a highly respected stage (and television) actress. She graduated with a B. Dram-degree from Stellenbosch University in 1974, making her professional stage debut in 1975 for a Namibian theatre company SWARUK. Between 1975 and 1998, Kellermann honed her skills working for various provincial theatre boards. 

Some of her most memorable stage performances of the last decade include roles in Ek, Anna van WykMacbethTitus: The Fall of Rome, Aars!Mamma MedeaQuartetBokliedRomeo & Julia and ’n Lang dagreis na die nag (an Afrikaans translation of Eugene O Neill’s Long Day’s Journey into Night). She was also a cast member of the Handspring Puppet Company which toured internationally with the production Faustus in Africa 

The actress made her television debut in 1992 in Afrikaans drama, Glaskasteel. Thereafter she also appeared in productions such as SleurstroomParadysSong vir Katryn (series 1 en 2) and day dramas Villa Rosa and Egoli.  Kellermann had a starring role in the 2005 drama series Known Gods. 

Kellermann has played male characters in various theatre productions. These include roles in Breyten Breytenbach’s Boklied and an Afrikaans translation of Shakespeare’sThe Tempest, titled, Die Storm. In 2010 Kellermann will be touring to various arts festivals in her one-woman play, As die broek pas/Man to man, directed by Marthinus Basson and in which she plays a woman who lives life as a man. Kellermann was awarded with a Dalro prize for her role in Boklied and received the Absa prize for her portrayal of Prospero in Die Storm. She also received the Kanna-awards for best actress for ‘n Lang dagreis na die nag (in 2008) and for As die broek pas (in 2010).  

The South African Academy of Arts and Sciences awarded her a Medal of Honour for her contribution to Drama and Stage Art in June 2008. On their website they described Kellermann as: a versatile, modest, sensitive and brilliant actress that approaches her roles without any fear and executes her roles with the utmost skill, passion and style.” 

Kellermann lectures in the Drama department at the University of Stellenbosch.

 

MARTHINUS BASSON started his theatrical career in 1974 as props maker at the Cape Performing Arts Board and as actor-cum-stage-manager at The Space Theatre, in Cape Town. Since 1985 he has established himself as a director/designer and has worked in all theatrical genres. His work includes Waarom is die wat voor toyi-toyi altyd so vet? by Antjie Krog; Johnny Cockroach by Breyten Breytenbach; The Fall of the House of Usher and Boks for ARCA in Gent, Belgium; six operas for the Spier Summer Festival; a contemporary interpretation of Shakespeare’s Two Gentlemen of Verona for the 2003 Maynardville season in Cape Town; Astor Piazzolla’s Maria de Buenos Aires for the National Arts Festival in Grahamstown, the musicals Cabaret and Boy meets Boy, and has worked extensively in educational, industrial and community theatre. As member of the Vleis, Rys & Aartappels company he directed and designed new plays by Belgian playwrights in 2003: Aars! and Romeo & Julia by Peter Verhelst and Mamma Medea by Tom Lanoye. His production of Tall Horse for Handspring/Sogolon Company toured to Germany and America after its opening at the Brooklyn Academy of Music in New York. He has been nominated 53 times as director/designer/actor and is the recipient of 36 awards, including the Standard Bank Young Artists Award in 1989, The South African Academy’s Award for Contribution to South African Theatre and the Nederburg Opera Award for Cavaliera Rusticana. In June 2009 he directed and designed Beethoven’s Fidelio for Opera Queensland in Australia and at the beginning of 2010 he was the director of Anthony and Cleopatra for the Maynardville season.  Basson, lectures at the Drama Department at the University of Stellenbosch

Willem Anker (1979-) is die skrywer van die roman Siegfried (2007) en vier toneelstukke, nl. Skroothonde (2004), Slaghuis (2006), Sakrament (2009) en Skrapnel (2009). Slaghuis is in 2007 gepubliseer. Anker was ook betrokke as medeskrywer by twee ander teaterstukke, Sielsiek (2006) en 2-21 (2009). Verder het hy Sarah Kane se Crave as Smag vertaal in Afrikaans en ook Manfred Karge se Jacke Wie Hose as As die broek pas. Toekennings vir sy skryfwerk sluit onder meer die Jan Rabie-prys, UJ-debuutprys, Sanlamprys vir Afrikaanse teater en die Ashanti Gold Smeltkroesprys in. Anker verwerf in 2007 ‘n D.Litt in Afrikaanse letterkunde en doseer sedert 2006 letterkunde en skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.